• 2 snye witbrood (sonder korsies), grofgebreek
  • 4 agurkies
  • hand vol pietersielie
  • sowat 12 vars kruisementblare
  • 25 g kappertjiesaad
  • 2 knoffelhuisies
  • 30 ml witwynasyn
  • 5 ml strooisuiker
  • 120 ml olyfolie
  • 2 hardgekookte eiers, fyngedruk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sit die brood in ’n voedselverwerker. Kap fyn. Voeg res van bestanddele behalwe die hardgekookte eiers by. Meng goed tot pasta. Skep in bakkie en roer die fyngedrukte eiers by. Geur met sout en peper.