genoeg vir 6

• 12 reuse-bruinsampioene

• 30 ml fyn komyn

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 12 snye mozzarellakaas

• 125 ml rooisoetrissie-pesto, plus ekstra vir voorsit

• vars basiliekruid vir voorsit

Kry kole mediumwarm. Gebruik ’n teelepel en skep die stingel van elke sampioen uit sodat jy eindig met ’n plat sny “brood”. Pak die sampioene met stingelkant bo op jou werkvlak. Sprinkel komyn oor en geur goed met sout en peper. Plaas ’n sny kaas op helfte van die sampioene en smeer ’n lepel pesto oor. Plaas nog ’n sny kaas bo-op. Pak orige helfte sampioene bo-op met die stingelkant na binne. Bind elke sampioenbondel vas met kombuistou (soos jy ’n geskenk sou toebind). Plaas in ’n toeklaprooster en braai stadig oor warm kole tot die sampioene gaar en die kaas gesmelt is, sowat 8-10 minute per kant. Verwyder van hitte en knip die tou los. Sit voor met ekstra pesto en vars basiliekruid.