(genoeg vir 8)

  • 45 ml olyfolie
  • 60 ml botter
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 500 g bruinsampioene, grofgekap
  • 2 stingels vars tiemie, fyngekap
  • 45 ml balsemasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 x 250 g-houers roomkaas

Verhit olyfolie en botter tot warm in middelslag-pan. Voeg ui by en braai vir 2 – 3 minute. Voeg sampioene en tiemie by en braai nog 5 – 8 minute of tot sampioene gaar is. Voeg asyn by en geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel tot koud. Plaas in voedselver werker saam met roomkaas. Ver werk tot gladde mengsel op hoë spoed. Skep in bakkies en sprinkel ’n bietjie goeie olyfolie oor.

OM TE DRINK

Hoopenburg Pinot Noir 2009 (R90)