sowat 300 ml

  • 30 ml olyfolie
  • 1/2 ui
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g bruin sampioene, gehalveer 30 ml botter
  • 30 ml koekmeel
  • 250 ml melk
  • 15 ml tiemie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ’n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by en braai liggies tot goudbruin. Voeg sampioene by en braai verder tot bruin en gaar, sowat 5 minute. Haal uit die pot en hou eenkant. Plaas pot terug op hitte en voeg botter by. Sodra die botter gesmelt is, voeg meel by en roer tot goed gemeng. Klits met ’n draadklitser terwyl jy melk byvoeg. Hou aan klits tot die mengsel verdik. Gooi gaar sampioene en tiemie by. Roer vir nog 5 minute oor die hitte. Geur goed met sout en peper.