• 300 g nougat, in stukke gesny
  • 200 g melksjokolade, in blokke gebreek
  • 250 ml room

Sit al die bestanddele saam in ’n kastrol. Plaas oor baie lae hitte op die stoof. Die sous moet glad nie kook nie, maar smelt. Jy kan ontspan, jy hoef dit net nou en dan te roer. Sit warm voor saam met die roomyskoek.