Genoeg vir 4 – 6

• 1,5 kg growwe sout

• 1,5 kg klein aartappeltjies

• 4 – 6 takkies vars roosmaryn

Gooi helfte van sout in ’n diep swaarboompan. Pak aartappels bo-op sout. Plaas roosmaryntakkies bo-op aartappels. Gooi res van sout oor en maak seker die aartappels is heeltemal bedek. Maak pan toe met foelie en plaas ’n deksel bo-op. Plaas pan op ’n stoofplaat oor ’n baie lae hitte. Bak 1 uur. Druk ’n dun toetspennetjie deur die sout tot in ’n aartappel om seker te maak dis gaar. Haal af van hitte en skep die boonste laag sout af. Onthou net, die sout word baie hard. Skep aartappels uit en sit warm voor.