(genoeg vir 6)

Sous

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 x 410 g-blik kersietamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Gnocchi

  • 500 g ricotta
  • 1 x 200 g-sak spinasie, in kookwater gedompel
  • 20 g (60 ml) parmesaankaas, fyngerasper
  • 1 eier
  • 210 g (375 ml) koekmeel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 g gemengde sampioene, gehalveer

Sous

Verhit olyfolie in middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by. Roerbraai vir 2 – 3 minute of tot begin verbruin. Voeg tamatie en wyn by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 10 – 15 minute of tot lekker dik sous. Verwerk in voedselverwerker tot gladde sous. Geur goed met sout en peper. Gnocchi Plaas ricotta en gaar spinasie in voedselverwerker en maak op hoë spoed fyn tot gladde mengsel. Voeg parmesaan, eier en meel by. Meng goed. Geur met sout en peper.

Bring pot met water tot kookpunt. Skep ricottamengsel in spuitsak met 1 cm-tuit. Spuit porsies van 1cm groot in die kookwater. Laat kook tot ricotta op oppervlak dryf. Dreineer. Verhit botter in ’n braaipan tot warm en voeg sampioene by. Roerbraai vir 5 – 8 minute. Voeg tamatiesous by en meng deur. Roer laaste die gaar gnocchi by. Geur goed en sit warm voor.