’n Ligte slaai pas baie goed by dié spyskaart. Dis maklik en vinnig.

• 6 groot tamaties

• 1 rooi-ui, in skywe gesny

• 100 g ontpitte swart olywe

• 100 g ontpitte groen olywe

• groot hand vol basiliekruidblare

• sout en varsgemaalde swartpeper

Sny tamaties in skywe. Rangskik op ’n opdienbord. Plaas ui en olywe bo-op.

Sprinkel basiliekruidblare oor en geur met sout en peper. Sit voor met olyfolie

en balsemasyn. Elkeen kan self besluit hoeveel asyn en olie oor die slaai moet

kom.