Die blatjang het 'n heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie. die resep is maklik en die liplekker eindproduk kan jy voorsit met baie geregte.

Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml

  • 800 g groot rosa-tamaties
  • 350 g klein geel rosalinitamaties
  • 2 rooi-uie
  • 2 rooi brandrissies
  • 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
  • 190 ml rooiwyn-asyn

Stap 1. Sny rosa-tamaties in blokke. Halveer die klein rosalini-tamaties.

Stap 1

Stap 2. Kap uie fyn en sny brandrissies in skywe. Behou die pitte van die brandrissies.

n Stap 2

Stap 3. Plaas uie en brandrissies saam met tamaties. en bruinsuiker in ’n kastrol.

Stap 3

Stap 4. Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Laat afkoel en skep in houer. Hou in yskas.

Stap 4

Wat kan ek alles met die blatjang voorsit?

  • Verskeidenheid van kase, veral camembert, baie sterk cheddar en bloukaas.
  • Dit pas wonderlik by gebraaide boerewors.
  • Enige soort kerriegereg, maar veral bobotie.
  • Baie lekker saam met geroosterde lamsboud.

Hoe lank sal die blatjang hou?

Sowat 4 weke in die yskas as jy nie die moeite wil doen om bottels te steriliseer nie. ekmoet bieg dit was binne twee dae op in my huis.