• 1 koppie (250 ml/200 g) suiker
  • 5 teelepels (25 ml) koekmeel
  • 1 teelepel (5 ml) sout
  • 2 ml fyn kaneel
  • 3½ eetlepels (55 ml/60 g) ongesoute botter, gesmelt
  • 3 koppies (750 ml) fyngemaakte gaar pampoen
  • 1 koppie (250 ml) room
  • 3 eiers
  • 250 g blokkiespek
  • 100 g gevlokte amandels

Verhit oond tot 150 °C. Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg res van bestanddele behalwe spek en amandels by en meng goed. Skep in gesmeerde tertbak van so 30 x 25 cm en plaas in oond. Die tert bak so 1½ uur. Maak intussen die spek-en-amandelkrummels. Verhit braaipan tot warm en droogbraai spekblokkies tot goudbruin en bros. Voeg amandelvlokkies by en braai nog 1 minuut of tot amandels goudbruin is. Haal gaar tert uit oond en sprinkel spek-en-amandelkrummels oor. Sit voor.