My vriendin Vida van der Merwe maak die lekkerste mosterdsous. Dis die perfekte pasmaat vir die varkvleis.

• 50 g (60 ml) suiker

• 90mlwitasyn

• 45 ml mosterdpoeier

• 3 eiers

Klits al die bestanddele saam in ’n mengbak. Plaas mengbak bo-op ’n kastrol met kookwater. Die water moet prut en nie aan die bodem van die mengbak raak nie. Roer die sous heeltyd tot dit dik word.