Genoeg vir 8

• 16 snye witbrood

• 55 g (60 ml) sagte botter

• 200 g cheddarkaas, in skywe gesny

• 1 x 100 g-pak Enterprise Chef’s Cut Peppered Roast Beef

• 8 klein eiers

• sout en swartpeper

Smeer brood aan een kant met sagte botter. Plaas ’n sny met gesmeerde kant na onder in

’n jaffelpan – dit keer dat die brood vassit. Plaas skywe kaas in die middel. Sit koue vleis op

kaas, breek ’n eier oop bo-op en geur. Maak seker dis in die middel. Plaas ’n sny brood met gesmeerde kant na bo bo-op. Maak pan toe en druk vas.

Sny oortollige brood af. Maak ’n plaat op jou stoof warm en plaas die jaffelpan direk daarop. Braai so 3 minute en draai om. Braai nog 3 minute en maak dan versigtig oop om te sien of jaffel bros en goudbruin word. Maak toe en braai verder – terwyl jy die pan kort-kort omdraai – tot bros en goudbruin. Keer versigtig uit en hou warm eenkant. Herhaal tot al die bestanddele op is.