Ook bekend as ’n frangipane-tert. Dis geurig en baie lekker.

Genoeg vir 8 – 10

• 310 g (500 ml) glutenvrye koekmeel

• 155 g (170 ml) botter

• 25 g (30 ml) strooisuiker

• 45 ml water

• 200 g (220 ml) botter

• 5 ml vanieljegeursel

• 4 eiers

• 200 g gemaalde amandels

• 200 g (380 ml) versiersuiker

• 40 g glutenvrye koekmeel

• 1 x 425 g-blik baba-appels, gedreineer

• mascarpone om by tert voor te sit

Verhit oond tot 160 °C. Plaas 310 g meel, 155 g botter en 25 g suiker in ’n voed-selverwerker. Verwerk tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Gooi water by en maak aan tot deeg vorm. Draai toe in kleefplastiek en verkoel 20 minute. Rol koue deeg uit tot 3 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak. Voer ’n tertpan van 35 x 11 cm daarmee uit. Laat rus 20 minute in yskas. Prik die koue deeg met ’n vurk en bak blind (sien wenk) vir 10 minute of tot dit begin verkleur. Verwyder kors uit oond en laat afkoel. Klits 200 g botter en. vanielje tot lig en romerig. Voeg eiers eeneen by en klits goed ná elke by-voeging. Vou amandels, 200 g suiker en 40 g meel by die bottermengsel in. Gooi beslag in die gebakte kors en rangskik baba-appels bo-op. Plaas terug in die oond en bak 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met mascarpone.

Wenk

As jy iets blind bak, voer jy die kors met bakpapier uit en gooi rou bone of rys bo-op. Dit keer dat die kors rys terwyl dit bak. Wanneer gaar, haal jy die papier en bone of rys uit. Jy kan die bone of rys bêre en weer hiervoor gebruik.