(3 broodjies van sowat 15 x 8 cm elk)

  • 660 ml glutenvrye meel
  • 30 ml suiker
  • 7 ml sout
  • 4 eiers
  • 300 ml melk
  • 300 ml Bulgaarse jogurt
  • 160 g botter, gesmelt

Verhit jou oond tot 220 ºC. Meng die meel, suiker en sout saam in ’n mengbak. Klits die eiers, melk, jogurt en botter saam. Meng die eiermengsel met die droë bestanddele. Giet die mengsel in ’n gesmeerde broodpan en bak vir 25 - 30 minute.

Variasies

Kaasbrood

Voeg 120 g gerasperde pecorino-kaas by die mengsel. Sprinkel so 15 ml sesamsaad bo-op die ongebakte brood.

Bosbessiebrood

Voeg 100 g bosbessies (cranberries) by die deegmengsel.