Dié Amerikaanse straatkos is baie gewild. Ek sit boerewors by - 'n eg SA smakie.

(genoeg vir 6)

  • 8 boereworsies
  • 8 sosatiestokkies

Deeg

  • 210 g (250 ml) fyn polenta
  • 260 g (500 ml) glutenvrye mielieblom
  • 5 ml sout
  • 60 ml strooisuiker
  • 20 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 250 ml melk
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • mosterd vir voorsit

Bring ’n pot met water tot kookpunt en dompel die worsies daarin. Kook 5 minute en dreineer. Laat afkoel. Druk ’n sosatiestokkie in elkeen. Meng die polenta, mielieblom, sout, strooisuiker, bakpoeier, eier en melk tot ’n gladde beslag vorm. Verhit olie tot warm in middelslag-pot. Doop worsies op stokkies in beslag en diepbraai tot goudbruin en bros, sowat 5 – 8 minute. Dreineer en geur goed met sout en peper. Sit voor met mosterd.