(2 PORSIES)

  • 2 groot rosa-tamaties, gehalveer
  • 4 groot bruin sampioene
  • 60 ml olyfolie (sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 snye suurdeegbrood
  • hand vol vars basiliekruid

Verhit oond tot 200 °C. Plaas tamaties en sampioene in ’n oondroosterbak. Gooi olyfolie oor en geur met sout en peper. Plaas in oond en oondrooster vir 15 minute. Verhit ’n riffelpan en braai die snye brood weerskante. Haal sampioene en tamaties uit oond en plaas bo-op roosterbrood. Sprinkel vars basiliekruid en nog ’n bietjie olyfolie oor. Sit warm voor.

Ekstra: Sit ’n sny camembert-kaas op elke bruschetta.