(6 PORSIES)

  • 2 snye suurdeegbrood
  • 250 g ricotta-kaas
  • hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
  • 80 ml olyfolie (sout en varsgemaalde swartpeper na smaak)
  • 6 groot bruin sampioene
  • 2 rosa-tamaties, in skywe gesny

Verhit oond tot 200 °C. Kap die brood in ’n voedselverwerker tot fyn krummels. Meng krummels, ricotta-kaas, basiliekruid en 60 ml van olyfolie. Geur goed met sout en peper. Plaas sampioene op ’n bakplaat. Skep vulsel op sampioene. Plaas twee snye tamaties op elke sampioen en sprinkel res van olyfolie oor. Plaas in warm oond vir 20 minute. Sit warm voor.

Ekstra: Voeg knoffel by die vulsel vir ekstra geur aan die ricotta-kaas.