Die soort rys wat jy kan eet as jy die Banting-eetplan volg, of net meer groente of minder koolhidrate wil inneem.

genoeg vir 8

• 1 x 300 g-pakkie blomkoolstukke

• 55 g (60 ml) botter

• 2 knoffelhuisies, baie fyn gekap

• 15 ml nigellasaad (black onion seeds, kyk by supermarkte)

• hand vol pietersielie, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

Rasper blomkool op growwe kant van rasper. Verhit botter in groot pot op stoofplaat tot warm. Voeg knoffel en nigellasaad by. Roer tot sade begin skiet. Verwyder van hitte en voeg gerasperde blomkool by. Roer deur.

Plaas deksel op warm pot en laat staan 10 minute. Voeg pietersielie by en geur goed met sout en peper. Meng deur. Sit voor.