(4 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 1 ui, gehalveer en in skywe gesny
  • 1 blik (400 g) kersietamaties
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 ontbeende hoenderborsies (sonder vel)
  • 4 snye ciabatta-brood
  •  sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit helfte van die olyfolie in 'n pan. Voeg ui by en geur met sout. Braai oor lae hitte tot sag en bruin. Terwyl die ui braai, gooi die tamaties saam met die knoffel in 'n ander kastrol. Geur met sout en peper. Laat stadig kook tot dik. Verhit res van olyfolie in 'n pan en braai hoenderborsies tot gaar. Geur met sout en peper. Braai brood weerskante in 'n riffelpan. Smeer tamatiesous op elke sny brood. Plaas 'n hoenderborsie bo-op en skep gebraaide uie op.

ekstra

Sit 'n sny cheddarkaas bo-op en plaas dit onder die roosterelement tot gesmelt.