Piesangbrood in 'n fênsie gedaante.

(1 groot koek)

  • 115 g (125 ml) botter
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 4 – 6 (500 g) piesangs, fyngedruk
  • 280 g (500 ml) glutenvrye koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 100 g haselneute, grofgekap

Vir die karamelsous

  • 100 g (125 ml) suiker
  • 30 ml water
  • 125 ml laevet-room

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n patroonpan met volume van 1000 ml goed met kleefwerende kossproei. Room botter en suiker saam tot lig. Voeg eiers by en meng goed. Voeg res van bestanddele by en roer tot goed gemeng. Gooi mengsel in pan en bak 30 – 35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel in pan en keer uit op draadrakkie.

Karamelsous

Plaas suiker en water in middelslag-pot en roer tot suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt oor hoë hitte tot ’n goue karamel vorm. Moenie roer nie. Voeg room by en skud pot liggies heen en weer tot die room goed ingemeng is. Laat afkoel tot dik sous vorm. Plaas koek op opdienbord en gooi karamel oor. Sit voor.