Cabana Boekuittreksel Resep

Lewer sowat 350 mL

• 1 groot ui, grofgekap

• 5 groot knoffelhuisies, grofgekap

• 100 ml lemmetjiesap/suurlemoensap

• 4 eetlepels (60 ml) sonneblomolie

• 4 eetlepels (60 ml) Japannese ryswyn of soet sjerrie

• 40 g Italiaanse pietersielie, grofgekap

• 40 g vars koljander, grofgekap

• 1 teelepel (5 ml) seesout

• 1 teelepel (5 ml) varsgemaalde swartpeper

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker of versapper en pols tot die kruie en speserye fyngekap is en jy ’n losserige, nat pasta het. Gebruik dadelik of hou in yskas in ’n skoon houer wat jy dig kan toemaak. Dit sal ’n paar dae goed hou, hoewel dit mettertyd die heldergroen kleur kan verloor.