Die meeste werk aan hierdie gereg is om die aartappels te skil en in skyfies te sny.

genoeg vir 6

• 50 g (55 ml) botter

• 6 middelslag-aartappels, geskil

• 250 ml room

• 100 g cheddarkaas, gerasper

• 2 takkies vars tiemie, blaartjies gestroop van takkies

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Smeer 3 bakkies van sowat 10 cm in deursnee met botter. Sny aartappels in dun skyfies en pak in lae in bakkies. Geur tussen lae met sout en peper. Gooi room oor en sprinkel kaas en tiemie bo-op. Maak bakkies toe met foelie en plaas op ’n bakplaat. Plaas in oond en bak 1 uur. Haal foelie af en bak nog 20 – 25 minute tot aartappels sag en kaas mooi bruin is. Sit warm voor.