Eet dit as bykos eerder as aartappels en rysgeregte

(genoeg vir 4)

Stap 1. Bring 800 ml hoenderaftreksel tot kookpunt in middelslag-pot. Voeg knippie sout en 200 ml polenta by terwyl jy roer met draadklitser.

Stap 1

Stap  2. Roer met ’n houtlepel oor lae hitte tot gaar en romerig, sowat 10 – 12 minute – wees versigtig dat dit nie brand nie.

Stap 2

Stap 3. Verwyder van die hitte en roer 150 g botter by tot gesmelt.

Stap 3

Stap 4. Rasper 100 g parmesaankaas op die fyn kant van ’n rasper en roer by tot romerige mengsel vorm. Geur goed.

Stap 4

Wenk

Voeg ekstra warm melk by as jy dit nog romeriger wil hê.