Versier jou koekies met 'n spesiale rubberstempel.

genoeg vir sowat 14 – 16 koekies

• 265 g (500 ml) glutenvrye meel plus ekstra vir uitrol

• 155 g (170 ml) botter

• 25 g (60 ml) versiersuiker

• 1 vanieljepeul se saadjies of 5 ml geursel

• 100 g sjokoladesplinters

• sowat 30 ml water

Plaas al die bestanddele behalwe die water in voedselverwerker. Verwerk by hoë spoed tot gemeng. Terwyl masjien loop, gooi genoeg water geleidelik by tot alles in ’n bal saamkom. Draai deeg toe in kleefplastiek en sit in yskas vir 20 minute. Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel meel op werkoppervlak en rol deeg uit tot 4 mm dik. Gebruik 8 cm-koekiedrukker en sny koekies uit. Plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Druk met koekiestempels. Bak 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel tot hard.

Hierdie is ’n lekker nagereg vir jou uithang-spyskaart. Eet hiermee saam:

Voorgereg: Grondboontjiebotter-hoendervlerkies

Hoofgereg: Oondgebakte risotto met preie en sampioene