(sowat 10 klein tertjies)

  • 125 g botter
  • 100 g versiersuiker
  • knippie sout
  • 250 g glutenvrye meel
  • 2 eiergele
  • 30 ml koue water
  • 5 of 6 piesangs

Plaas die botter, versiersuiker, sout en meel in jou voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Klits die eiergele en water saam. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel. Meng tot dit ’n deeg vorm. Maak die deeg toe met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir 30 minute. Verhit jou oond tot 180 °C. Sprinkel ’n bietjie glutenvrye meel op jou werkoppervlak en rol die deeg uit. Onthou, omdat daar geen gluten in die meel is nie, kan dit maklik breek. Gebruik ’n groot koekie-uitdrukker en druk sirkels uit. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Sny die piesangs in dun skywe en rangskik dit bo-op die deegsirkels. Vou die rande van die sirkels oor bo-op die piesangs en plaas in die warm oond. Bak vir sowat 25 - 30 minute. Haal uit en laat afkoel. Sif versiersuiker bo-oor.