(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 ontbeende hoenderborsies (sonder vel), in stukke gesny
  • 1 blik (400 g) kersietamaties
  • 4 chorizo-worse (Spaanse wors), in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in 'n oondkastrol. Braai ui, knoffel en hoender vir sowat 10 minute. Voeg tamaties en chorizo-worse by. Geur met sout en peper. Maak kastrol toe met deksel en plaas in warm oond vir sowat 1 uur.

ekstra

Voeg 100 g ontpitte swart olywe by vir geur.