(4 PORSIES)

  • 60 ml olyfolie (sout en varsgemaalde swartpeper na smaak)
  • 1 sny suurdeegbrood, grofgekap in voedselverwerker
  • 6 groot bruin sampioene, in blokkies gesny
  • 4 rosa-tamaties, in klein blokkies gesny
  • hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
  • 1 x 500 g-pak spaghetti

Verhit helfte van olyfolie in pan. Braai broodkrummels tot bros en dreineer op kombuispapier. Braai sampioene, tamaties en basiliekruid vir sowat 10 minute in ander helfte van olie. Geur met sout en peper. Terwyl die sous braai, kook pasta volgens aanwysings op pak. Dreineer pasta en meng met sous. Sprinkel gebraaide broodkrummels bo-op en sit dadelik voor.

Ekstra: Jy kan sowat 250 g strepiespek (streaky bacon) bros braai en by die sous voeg.