Voedsame smoothies kan in ’n japtrap berei word.

genoeg vir 3 – 4

• 500 g bevrore bessies

• 250 ml Griekse-styl jogurt

• 2 ryp piesangs, geskil

• 125 ml volroom-melk

• 60 ml heuning

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verpulp tot glad. Skink uit in houer en verkoel in yskas tot benodig.