(sowat 2 liter)

  • 400 g kersies, ontpit en fyngekap
  • 60 ml heuning
  • 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel
  • 100 ml water
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 1 liter gekoopte limonade
  • hand vol vars kruisement
  • hand vol vars kersies

Plaas kersies, heuning en vanieljesaadjies/-geursel in middelslag-pot. Voeg water, sap en skil van suurlemoene by en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 5 – 8 minute of tot kersies pap is. Laat afkoel en puree in voedselverwerker tot glad. Gooi puree deur sif om van skille ontslae te raak. Laat afkoel tot yskoud. Meng kersiepuree met limonade. Sit voor op ys met vars kruisement en heel kersies.