As ek in die somer vriende vir middagete nooi, is dié verfrissende limonade altyd op die tafel. Dis maklik om te maak, probeer dit!

Genoeg vir 14

  • 2 groot komkommers, geskil en oorlangs gehalveer
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 100 ml jenewer (opsioneel)
  • 2 x 750 ml-bottels limonade
  • 1 kg fyn ys

Plaas komkommer, sap en skil van suurlemoene in voedselverwerker. Maak op hoë spoed fyn tot gladde mengsel. Druk deur ’n sif. Roer nou jenewer by, as jy dit gebruik. Plaas in yskas tot yskoud. Gooi in groot glasbeker en voeg gebreekte ys by. Gooi limonade oor en sit voor.

Wenk

Breek ys só: Draai ysblokkies in ’n skoon kombuisdoek toe. Hou dit stewig vas en slaan met ’n houtkoekroller daarop tot fyn.