Maak dié gemmerbier vir ’n luilekker naweek. 

lewer sowat 3 liter

• 300 g suiker

• 2 liter water

• 10 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper

• 5 lemmetjies, in dun skyfies gesny

• ekstra gemmer na smaak, geskil en in dun skyfies gesny

• 250 ml jenewer (gin)

• 1 liter sodawater

Plaas suiker en 100 ml van die water saam in ’n diep kastrol. Bring tot kookpunt. Kook verder totdat ’n goue karamel vorm. Voeg die res van die water by. (Wees versigtig vir die warm suiker.) Kook verder totdat ’n liggoue stroop vorm. Verwyder van hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.

Voeg gemmer, lemmetjies en gemmerskyfies by. Plaas in yskas oornag of tot yskoud. Voeg jenewer by. Plaas ys, gemmerstroop en limonade saam in ’n groot genoeg ponsbak. Sit voor as mengeldrankie saam met tuisgemaakte vanielje-broskoekies.