Op dié boot, sê sy, hoef jy nie te wag dat die son ondergaan om 'n skemerkelkie te geniet nie. Sodra die son hoog genoeg is, kan jy een bestel. En daar is daagliks 'n spesiale skemerkelkie van die dag. Veral die Love At First Sight-drankie was gewild.

Hier is 'n paar resepte van die gewildste cocktails wat op dié skip gedrink is:

DAG 1 – Love at first sight
Vodka, Cointreau, piesanglikeur, soetsuur-mengsel, pynappelsap en grenadella-stroop gemeng en met granaatstroop (Grenadine) afgerond.

DAG 2 – Upside down monkey colada
Vodka, sjokoladestroop, piesang en pynappelsap met 'n knerts Nachtmusik-sjokoladelikeur.

DAG 3 – Crocodile daiquiri
Ligte rum, soetsuur-mengsel, pepermentlikeur en piesang.

Geniet die laaste bietjie somer langs die swembad met een van dié skemerkelkies in die hand!