Deesdae is dit maklik om sommer jou eie te maak. Al wat jy nodig het om ale of ligte bier te maak, is water, ’n biermaakstel, baie geduld en tyd – tot drie maande.

In jou biermaakstel kry jy toerusting wat jy met ’n mengsel van 4 ml ongegeurde bleikmiddel per liter water ontsmet. Jy kry ook ’n volledige resep, bestanddele en aanwysings.

Jou tydlyn

Begin hier: Koop jou bierstel aanlyn by: www.beerlab.co.za.

Dag 1: Ontsmet al die toerusting met water en bleikmiddel (4 ml bleikmiddel per liter water). Volg stappe 1-6.

14 dae later: Jou bier is reg om gebottel te word. Volg stappe 7-10.

14 dae tot 3 maande: Jou bier is reg om gedrink te word. Dit kan tot ’n jaar in die yskas hou.