2 porsies

  • 500 ml melk
  • 200 g melksjokolade
  • 125 ml room, styfgeklop
  • kakaopoeier, om bo-op te sif

Breek sjokolade in blokkies en plaas saam met melk in ’n kastrol. Verhit saam oor lae temperatuur. Roer totdat sjokolade gesmelt is en maak seker melk kook nie oor nie. Gooi in glase of bekers en skep styfgeklopte room bo-op. Sif ’n klein bietjie kakao bo-oor.