Lewer 4 oop broodjies

• 4 snye volgaanbrood

• 45 ml gemengde-bessiekonfyt

• 40 g gemengde slaaiblare van jou keuse

• 8 snye oorskiet-kalkoen of 125 g gesnyde winkelkalkoenham

• 100 g bosbessiekaas, in skywe gesny

• 50 g gedroogde bosbessies

Smeer ’n lekker dik laag bessiekonfyt op elke sny brood. Pak blare bo-op, gevolg deur kalkoen en kaas. Sprinkel paar bosbessies bo-oor en geniet die heerlik gesonde broodjie.