Genoeg vir 6

  • sowat 60 ml olyfolie
  • 6 hoenderporsies (dye en boudjies)
  • 40 ml suurlemoensap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 12 salotte, geskil
  • 4 vars tiemietakkies
  • 2 lourierblare

sout en varsgemaalde swartpeper Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel helfte van olyfolie in oondbraaibak. Pak hoenderstukke in en gooi suurlemoensap oor. Smeer knoffel oor en plaas salotte in bak saam met tiemie en lourierblare. Geur met sout en peper. Sprinkel res van olyfolie oor. Maak bak toe met tinfoelie en oondbraai 1 uur. Haal tinfoelie af  en plaas terug in oond vir nog sowat 40 – 30 minute tot hoender mooi goudbruin is. Maak sous net voor hoender uit die oond kom.