Interessante oop broodjies

Geroosterde panini's maak smullekker happies. Wees net vindingryk met wat jy bo-op sit.

Rooster panini-broodjies só:

Verhit rooster-element van die oond. Halveer panini-brode in lengte en sit op bakplaat. Sprinkel bietjie olyfolie oor en sit in oond. Rooster tot bruin. Jy kan die broodjies ook in 'n riffelpan braai - sprinkel dan net ná die tyd bietjie olyfolie oor.

(vir 2 panini's)

  • 1 panini-brood, gerooster soos beskryf
  • vars bronkors (watercress)
  • 1 gerookte hoenderborsie, in skywe gesny
  • 1 camembert-kaas, in skywe gesny
  • 5 ml bosbessie-jellie
  • varsgemaalde swartpeper

Sit bronkors op elke sny brood. Rangskik hoender en kaas boop en skep bosbessie-jellie op. Geur met swartpeper na smaak.