(25 minute – 4 porsies)

  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sap van halwe suurlemoen
  • 40 ml olyfolie
  • 1 Franse brood (baguette), verdeel in vier en dan gehalveer
  • groot hand vol vars roket
  • sowat 60 ml mayonnaise
  • 8 snye cheddarkaas
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 1 ui, in skywe gesny

Geur die hoenderborsies met sout en swartpeper. Smeer hulle met die fyngekapte knoffel en sprinkel die suurlemoensap oor. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die hoenderborsies weers-kante. Dit sal so 20 minute neem. Plaas vars roket op een helfte van elke stukkie Franse brood. Sit ’n hoenderborsie bo-op en smeer met ’n bietjie mayonnaise. Stapel die kaas, tamatieskywe en uie bo-op. Maak die broodjie toe met die boonste broodhelfte.