(genoeg vir 4)

  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • 1 dik sny mozzarella-kaas, verdeel in 4
  • 4 dun snye ham
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 ml droë broodkrummels
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • 2 eiers, geklits
  • sowat 60 ml olyfolie
  • 15 ml olyfolie
  • 400 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 100 g ontpitte swart olywe
  • 40 g vars roket

Verhit oond tot 180 °C. Sny aan dik kant van elke borsie ’n diep keep. Druk ’n sny kaas in en dan ham. Maak toe en geur. Meng krummels en parmesaan. Doop hoender in eier en rol in krummelmengsel. Gooi helfte van 60 ml olie in oondbak en plaas hoender in bak. Sprinkel res van olie oor en sit in oond. Oondrooster vir sowat 30 minute. Verhit 15 ml olie in pan en voeg tamaties en knoffel by. Braai tot sag. Geur. Voeg olywe en roket by. Braai tot roket verlep, skep op en plaas vleis bo-op.