(4 - 6 porsies)

  • 2 ml borrie
  • 2 ml kaneel
  • 1 hoender
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 rooi-uie, in kwarte gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml hoender-aftreksel
  • 2 suurlemoene, in kwarte gesny
  • 100 g groen olywe, ontpit

Verhit oond tot 200 °C. Meng borrie en kaneel. Smeer mengsel oor hoender. Verhit olyfolie in 'n kastrol. Braai hoender weerskante totdat vel bruin word. Geur met sout en swartpeper. Voeg

uie by en maak kastrol toe. Oondrooster vir 30 minute. Voeg knoffel, aftreksel, suurlemoenkwarte en olywe by en oondrooster verder - oop - vir sowat 45 minute.

Om te drink: Groot Constantia sauvignon Blanc