genoeg vir 6

  • 250 g (500 ml) gerookte sout
  • 1 400 g (1 250 ml) sout
  • 12 eierwitte
  • 6 takkies roosmaryn
  • 1 hand vol tiemie
  • 4 knoffelhuisies
  • 2 suurlemoene, gehalveer
  • 1 heel hoender
  • swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180 °C. Meng soute en eierwitte goed in ’n groot mengbak. Druk kruie, knoffel en suurlemoenhelftes in die hoender se buik. Spuit bakplaat goed met kleefwerende kossproei en skep ? van soutmengsel op bakplaat. Versprei eweredig en plaas hoender bo-op. Geur goed met wartpeper en skep res van die soutmengsel oor. Maak seker die hele hoender is goed met die mengsel bedek.

Plaas in warm oond en bak vir 90 minute tot soutkors donkerbruin en hard is. Gebruik ’n houtrolstok en slaan die soutkors stukkend. Haal die hoender uit en gebruik kombuiskwas om ekstra sout af te borsel. Plaas op opdienbord en sny in porsies.