(4 porsies)

• 30 ml olyfolie

• 4 hoenderboudjies

• 4 hoenderdye

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 2 knoffelhuisies, fyngedruk

• 1 botterskorsie met skil, in skywe gesny en dan gehalveer

• 2 eiervrugte, in skywe gesny

• 10 klein uitjies

• 250 ml witwyn

Verhit oond tot 180 °C. Gooi olyfolie in groot oondbraaibak. Pak hoender in en geur met sout en peper. Oondbraai tot hoender mooi bruin is. Voeg knoffel by en pak botterskorsie, eiervrug en uitjies by hoender in bak. Gooi witwyn oor en maak toe met tinfoelie. Oondbraai tot groente sag is, sowat 1 uur. Haal tinfoelie af en oondbraai verder tot alles mooi bruin is