Genoeg vir 4

• 780 g ontbeende hoenderdye, vel verwyder

• sap van 2 lemmetjies

• 5 ml paprika

• 5 ml fyn komyn

• ½ ui, fyngekap

• 10 ml fyngekapte knoffel

• 2 ml fyngekapte vars gemmer

• 10 ml fyngekapte groen brandrissie

• 250 ml Griekse jogurt

• 2,5 ml garam masala

• 15 ml sonneblomolie

• 50 g ongesoute botter

• 125 ml room

• vars koljander

Sous

• 2,5 ml fyn komyn

• 2,5 ml fyn koljander

• 1 x 400 g-blik gekapte tamaties

• 15 ml tamatiepuree

• 3 ml fyngekapte vars gemmer

• 5 ml lemmetjiesap

• 2 ml suiker

• 5 ml borrie

• hand vol vars koljander, grofgekap

Sny elke hoenderdy in die helfte en plaas in groot mengbak. Meng lemmetjiesap, paprika, komyn, gekapte ui, knoffel, gemmer, brandrissie, jogurt en masala in mengbak. Gooi oor hoender en meng goed. Maak bak toe met kleefplastiek en plaas in yskas. Marineer sowat 3 uur. Plaas al die bestanddele vir die sous in ’n voedselverwerker. Verpulp tot glad en hou eenkant. Verhit oond se rooster-element. Voer bakplaat uit met foelie. Haal hoender uit yskas. Haal hoenderstukke uit marinade en plaas op bakplaat. Gooi sonneblomolie oor en hou marinade eenkant. Plaas hoender onder roosterelement en rooster 3 – 5 minute aan weerskante of tot gaar. Haal uit en hou eenkant. Smelt botter in diep pan. Voeg verpulpte sousbestanddele en marinade by. Bring tot kookpunt. Voeg room by en meng goed. Voeg hoenderstukke by, asook al die sap wat uitgebraai het. Meng deur en laat oop prut tot sous verdik het – sowat 20 minute. Garneer met vars koljander en sit warm voor saam met basmati-rys, naanbrode en atjar van jou keuse.