genoeg vir 6 – 8

  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, baie fyngekap
  • 1 cm vars gemmer, fyngerasper
  • 150 ml sojasous
  • 1 brandrissie, fyngekap
  • 18 hoenderdye, sonder vel
  • 80 ml sagte botter
  • 16 snye brood van jou keuse
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • 200 g beleë cheddarkaas, gerasper

Verhit oond tot 180 °C. Meng ui, knoffel, gemmer, sojasous en brandrissie saam. Pak hoenderdye in oondroosterbak en gooi mengsel oor. Maak bak toe met foelie en plaas in warm oond vir 30 – 35 minute of tot hoender baie sag is en van die been af wegtrek. Verwyder hoenderbene en vlok hoender fyn. Voeg pansous by om mengsel lekker klam te maak. Smeer brood met botter aan een kant. Maak toebroodjies met ui, cheddar en hoendermengsel – die botterkante na binne. Verhit toeklaprooster en rooster broodjies 5 – 8 minute of tot goudbruin en bros. Sit warm voor. 

KYK OOK: Trekuitmekaar-brood

Spaanse hoender

Kaasfondue