(4 porsies)

  • 75 ml sonneblomolie
  • 400 g ontbeende hoenderborsies, in 2 cm blokkies gesny
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 10 kerrieblare
  • 15 ml vars knoffelpasta
  • 15 ml vars gemmerpasta
  • 10 ml brandrissiepoeier
  • 10 g kardemompeule
  • 30 ml kerriepoeier
  • 2 tamaties, grofgekap
  • 300 ml hoender-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars koljanderblare, grofgekap

Verhit olie in 'n pan en braai hoender vir 10 minute tot bruin. Verwyder uit pan en hou eenkant. Verhit pan weer met olie en braai ui tot goudbruin. Voeg kerrieblare, knoffel en gemmer by en soteer vir 2 minute. Voeg al die geurmiddels en tamaties by. Meng goed en prut vir sowat 'n minuut. Voeg aftreksel geleidelik by. skep hoender by en laat kook tot gaar. Geur met sout en

swartpeper. sit voor met vars koljander en rys of roti-brood.