20 minute - 6 porsies

  • 1 gaar hoender (koop een by 'n supermark)
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 250 ml mayonnaise
  • 10 ml kerriepoeier
  • 30 ml borrie
  • hand vol vars koljander, gekap
  • halwe komkommer, in blokkies gesny
  • 4 gekapte agurkies
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 200 g klein rosa-tamaties
  • blaarslaai van jou keuse

Vlok die gaar hoender in redelike groot stukke. Meng die jogurt, mayonnaise, kerriepoeier en borrie saam in 'n bakkie. Voeg die koljander, komkommer en agurkies by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en sit voor saam met klein rosa-tamaties en blaarslaai.