genoeg vir 4

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml vars gemmer, fyngerasper
  • 100 g rooi kerriepasta
  • 2 x 410 g-blikke klappermelk
  • sap en gerasperde
  • skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol koljander
  • 4 baba-hoenders of 1 groot hoender

Verhit oond tot 180 °C. Maak olyfolie warm in groot pot en roerbraai ui, knoffel, gemmer en kerriepasta 1 minuut. Voeg klappermelk, en sap en skil van suurlemoen by. Geur goed met sout en peper. Laat kook 10 minute en roer nou en dan. Roer koljander deur. Plaas hoenders op bakplaat en geur goed met sout en peper. Gooi 2/3 van die sous oor. Plaas bakplaat in oond en bak hoenders 45 minute (60 minute vir een groot hoender) – skep elke nou en dan van die sous in die pan oor die hoender. Skep gaar hoender op opdienbord en sit voor met oorblywende 1 /3 van sous.