As jy van hoender met ekstra byt hou, kan jy net meer brandrissie insit.

• 2 hoenders

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 80 ml suurlemoensap

• 60 ml olyfolie

• 30 ml paprika

• 30 ml droë origanum

• 2 5 g (30 ml) sagte bruinsuiker

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 rooi brandrissie, fyngekap

• suurlemoenwiggies vir voorsit

Sny elke hoender in 4 porsies. Geur porsies met sout en peper. Meng suurlemoensap, olyfolie, paprika, origanum, suiker, knoffel en brandrissie in ’n mengbak om marinade te maak. Plaas hoenderporsies in ’n groot oondbraaibak. Gooi marinade oor hoender en maak seker die hoenderporsies is goed bedek. Plaas in yskas en laat marineer sowat 1 uur. Verhit oond tot 180 °C. Maak oondbraaibak toe met tinfoelie. Oondbraai 1 uur in warm oond. Haal tinfoelie af en oondbraai oop vir nog 1 uur. Sit warm voor met suurlemoenwiggies.