My ma het hierdie hoender baiekeer op ’n Saterdagaand vir ons gemaak. Ek was mal oor die kombinasie van soet en sout. Hier is my weergawe van haar gereg.

Genoeg vir 4

• 45 ml olyfolie

• 8 stukke hoender (4 dye en 4 boudjies)

• sap van 1 suurlemoen

• 1 ui, fyngekap

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 1 groen soetrissie, in blokke gesny

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 20 ml sojasous

• 1 x 440 g-blik pynappelstukke,

gedreineer, maar behou sap

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in plat kastrol op stoofplaat. Voeg hoender by en braai tot bruin.

Mickey Hoyle Stap 1

Stap 2. Voeg suurlemoensap, ui, knoffel en rissie by. Geur met sout en peper. Braai verder tot ui sag en deurskynend is.

Mickey Hoyle Stap 2

Stap 3. Voeg sojasous en pynappelstukke by. Laat sowat 5 minute braai.

Mickey Hoyle Stap 3

Stap 4. Voeg gedreineerde pynappelsap by. Maak kastrol toe met ’n deksel en plaas in oond. Oondbraai sowat 1 uur. Sit voor met basmati-rys.

Mickey Hoyle Stap 4