(Genoeg vir 4)

Gaarmaaktyd: 30 minute

  • 30 ml olyfolie
  • 4 ontbeende hoenderborsies, in repe gesny
  • sap van 1 suurlemoen
  • 5 ml paprika
  • 5 ml komyn
  • 15 ml heuning
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 120 g songedroogde tamaties
  • 250 g suurroom
  • 100 g gemengde neute
  • hand vol koljander
  • 4 roti’s
  • 60 g roket
  • 100 g mozzarella-kaas, gerasper

Verhit oond tot 200 °C. Verhit ’n pan met olyfolie. Braai hoender met suurlemoensap, paprika, komyn en heuning. Geur met sout en peper. Verpulp songedroogde tamaties, suurroom, neute en koljander in ’n voedselverwerker. Smeer van die suurroommengsel op elke roti. Verdeel gebraaide hoender en roket tussen die roti’s. Sprinkel gerasperde mozzarellakaas op roket en rol elke roti op. Plaas in oondbak en bak tot kaas gesmelt is.